Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Uitmaak: Die verskil tussen die twee geslagte

$
0
0

Verhoudings eindig; dis ’n natuurlike deel van die lewe, maar dit maak dit nie makliker om te verwerk nie. ’n Mens sal ver moet soek na iemand  wat nog nie die pyn van ’n mislukte verhouding ervaar het nie. Dit word net vererger wanneer jy nie jou gevoelens vir jou eks kan laat vaar nie.

Sodra jy klaar gehuil, by jou vriende gekla en genoeg roomys ingekry het, kan jy dalk dieper oor sake begin nadink. Die beste raad is om aan te gaan met jou lewe, maar gaan dié proses vir julle albei dieselfde wees?

Blykbaar bekommer baie mense hulle hieroor, want begin Augustus het Yahoo opgemerk vrae oor beëindigde verhoudings word die meeste gevra. Baie mense het hulle na die soekenjin gewend om spesifiek te vra of mans en vroue die proses dieselfde hanteer.

Volgens die verhoudingskenner Rachel DeAlto ervaar albei geslagte hartseer, maar hulle benader dit soms verskillend. Sy het ’n boek getiteld Flirt Fearlessly geskryf, en meen mans herstel vinniger as vroue, wat beteken hulle gaan aan met hul lewe terwyl vroue wil vasstel wat skeefgeloop het.

“’n Vinnige herstel is dikwels danksy kompartementalisering,” het sy aan shape.com gesê. “Mans is geneig om te weet hulle is seergemaak, maar ignoreer hierdie gevoelens en vul die ruimte met iemand (of iets) anders. Dit is nie altyd die gesondste raad nie, want hulle verwerk nooit regtig die verlies nie.”

Rachel het ook wenke gegee oor hoe om die skielike einde van ’n verhouding te verwerk. Dit is normaal om jouself te verkwalik en te vra wat jy verkeerd gedoen het, maar as jy jou te veel aan sulke gevoelens oorgee, sal dit jou mismoedig maak. Dis in die haak om ’n ruk lank ná die einde te treur, maar as jy sien jy is weke ná die tyd nog terneergedruk, moet jy streng met jouself wees. Jy laat jou net slegter voel; daarom moet jy versigtig nadink oor hoekom jy so gemeen met jouself is. Aan die begin sal dit moeilik wees, maar dit sal ook help as jy met ’n vriend of vriendin gesels.

Rachel stel ook voor dat jy perspektief op die verhouding kry en dit dan revalueer. Wat sou jou raad aan ’n vriend wees wat dieselfde deurgemaak het? Dit kan jou ’n nuwe uitgangspunt gee, veral omdat jy dinge gaan oplet vir ’n hele ruk lank nie reg was nie.

© Cover Media

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>