Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Ebola-uitbreking tel spoed op

$
0
0

Die Ebola-uitbreking in Wes-Afrika tel volgens die Wêreld-Gesondheidsorganisasie spoed op en kan tot ses keer groter word en selfs tot 20 000 mense raak. Die Verenigde Nasies se gesondheidsagentskap het die afgelope week ’n nuwe plan bekendgestel om die virus te stuit en wetenskaplikes bespoedig pogings om ’n behandeling of entstof te kry.

Ebola teister Afrika al die afgelope 40 jaar, maar het voorheen in afgeleë gemeenskappe voorgekom en is redelik vinnig gestuit. Hierdie keer het dit na groot stede in vier lande versprei, en gelei tot oproer omdat hele buurte en dorpe afgesny is van die buitewêreld.

’n Eksperimentele entstof wat deur die Amerikaanse regering en GlaxoSmithKline ontwikkel is word vanaf begin volgende week op mense getoets, het die Amerikaanse Nasionale Instellings van Gesondheid Donderdag aangekondig.

Gesonde volwasse vrywilligers in die noordoostelike Amerikaanse deelstaat Maryland sal vir dié eksperiment gebruik word, terwyl Britse kenners die entstof terselfdertyd op gesonde mense in die Verenigde Koninkryk, Gambië en Mali sal toets.

Voorlopige uitslae oor die entstof se veiligheid – nie die doeltreffendheid nie – kan binne enkele maande beskikbaar wees.

Wetenskaplikes het ook aangekondig hulle het die nuwe genetiese kode van hierdie soort Ebola ontrafel om beter te verstaan hoe dit mense doodmaak. In ’n studie waarvan die bevindinge Donderdag in die vaktydskrif Science gepubliseer is, het navorsers die ontploffing van Ebola-gevalle in hierdie uitbreking nagespoor tot by ’n enkele begrafnis in Guinee in Mei vanjaar.

Die uitbreking het nou al minstens 1 552 lewens geëis uit 3 069 aangemelde gevalle in Liberië, Sierra Leone, Guinee en Nigerië. Die werklike getal gevalle in stedelike gebiede is moontlik twee tot vier keer hoër.

Intussen het ’n afsonderlike Ebola-uitbreking 13 mense se lewe geëis uit 42 wat siek geword het in ’n afgeleë deel in die Kongo, het die agentskap gesê.

Aangesien sowat die helfte van die mense sterf wat die virus kry, kan die sterftesyfer moontlik nog tot 10 000 styg.

-Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>