Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Waar of vals: teenoorgesteldes trek mekaar aan

$
0
0

Jy is op ’n partytjie en dis heel vervelig – tot ’n aantreklike vreemdeling met jou begin gesels. Skielik praat julle oor dieselfde programme waarvan julle hou, die volksvreemde folkmusiek wat julle geniet en hoe julle albei graag in Oesbekistan wil gaan vakansie hou. Julle is so te sê sielsgenote.

Maar wag – wat as dit beteken al hierdie ooreenkomste kan vervelig raak? Of dalk stry julle oor wie die laaste kaartjie kry vir ’n fliek oor iets waarin niemand anders belangstel nie. Dit is dalk tyd om te oorweeg of teenoorgesteldes mekaar werklik aantrek.

Kop in een mus

Natuurlik is dit wonderlik om baie met ’n liefdesbelangstelling gemeen te hê. Dit maak alles soveel makliker, soos om te besluit watter fliek om Vrydagaand te kyk of waar om die wegbreeknaweek deur te bring.

Veral omdat aanlyn afsprake nou so gewild is, kan dit ’n versoeking wees om mense se profiel te ignoreer as jul belangstellings nie ooreenstem nie. Jy is dol oor rooiwyn en hy het ’n groot glas witwyn in sy profielfoto . . . Julle gaan nooit ’n bottel wyn kan deel nie; dis die einde van die wêreld. Miskien moet jy liewer so daarna kyk: Daar is meer rooies vir jou!

Wanneer jy op soek is na ’n lewensmaat, stel verhoudingskenners voor jy konsentreer op ’n lys met die vyf belangrikste ooreenkomste: emosionele stabiliteit, sosiale interaksie, ontvanklikheid vir nuwe ervarings, eerbaarheid en ekstroversie. As julle boonop baie gemeen het, gaan julle waarskynliker ’n harmonieuse verhouding  hê. Maar vergeet daarvan dat julle oor al die ander onderwerpe moet saamstem; afwisseling krui die lewe. Dalk oortuig hy jou oor van sy idees vir pret (of julle sal net af en toe apart moet kuier; ons hoor party mense doen dit).

Teenoorgesteldes trek mekaar aan

Die aktrise Kirsten Dunst het op ’n keer gesê sy wil nie met iemand uitgaan wat te eenders aan haar is nie; dit sal haar laat voel sy is in ’n beste vriendin se geselskap. En terwyl jy wil hê jou wederhelf moet jou beste vriend wees, wil jy nie hê hulle moet presies soos die res van jou vriendekring wees nie. Hulle moet immers ietsie spesiaals hê.

Daar is ook al bewys baie ooreenkomste waarborg nie ’n gelukkige einde en die perfekte gesin in die perfekte huis nie. Trouens, die sielkundige Adrienne Kaufman het ’n studie uitgevoer oor die topvyf lys en 10 000 getroude paartjies in Duitsland. Sy het bevind daar is geen verband tussen ’n gelukkige huwelik en ooreenkomste nie.

Die band wat julle ervaar, pleks van die een wat ander sien, is wat saak maak. Al lyk jy en jou maat na uiterstes van die spektrum, is dit net die band tussen julle wat tel.

Natuurlik kan jy besluit by wie jy wil wees. Maar onthou, moenie iemand van die hand wys net omdat hulle in teorie nie reg lyk vir jou nie. Wie weet? Dalk is dit juis die eienskappe wat so van joune verskil wat die verhouding balanseer.

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>