Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Reusepanda veins swangerskap vir spesiale behandeling

$
0
0

’n Reusepanda het ’n vals swangerskap gebruik om spesiale behandeling te ontvang by die navorsingsentrum in China waar sy tuisgaan.

Personeel by die Chengdu Giant Panda Breeding Research Centre het verlede maand vermoed Ai Hin is dragtig. Die sentrum het beplan om die geboorte van Ai Hin se kleintjie regstreeks uit te saai, maar dié planne is in die wiele gery toe hulle besef sy is nie regtig dragtig nie.

Die sesjarige reusepanda het twee maande lank gedragsverandering getoon, wat dit laat lyk het of sy dragtig is. Haar eetlus het verswak en sy het ander fisieke tekens van swangerskap gehad.

Boonop is die fetus van ’n reusepanda te klein om met ’n ultraklankskandeerder te sien en oppassers maak staat op gedragsverandering in die vroeë stadiums van die diere se swangerskap.

Kenners by die sentrum vermoed sy het ’n skynswangerskap gehad. Omdat die diere ’n uiters bedreigde spesie is, kry dragtige wyfies spesiale behandeling, soos lugverkoeling en meer kos en vrugte, om te verseker die welpie word gesond gebore. Net 24 persent van wyfies skenk in aanhouding die lewe.

Die sentrum vermoed dié intelligente pandas besef hul versorging verbeter wanneer hulle verwag. Skynswangerskappe is glo algemeen onder bedreigde spesies.

Daar is net 1 900 pandas in China, van wie sowat 300 in gevangenis leef.

Wat is ’n skynswangerskap?

Skynswangerskappe kan by mense ook voorkom. Dit gebeur wanneer ’n vrou oortuig is sy verwag ’n baba, maar dit nie regtig die geval is nie. ’n Skynswangerskap gaan gepaard met baie, dikwels al, die simptome van ’n swangerskap – behalwe die teenwoordigheid van ’n fetus.

- Saamgestel deur Shané Barnard

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, WASHINGTONPOST.COM, THEGUARDIAN.COM, WEBMD.COM


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>