Hierdie vreemde skaduwee wat op die maan opgemerk is, het dié wat in ruimtewesens glo, gaande.
Terwyl dit net die lig of ’n kamerafout kan wees, glo party dit is die een of ander “manjifieke menslike figuur wat die verlate vlaktes van die maan deurkruis”.
Volgens The Examiner het ruimtewese-entoesiaste die verskynsel ontdek terwyl hulle Google Moon bestudeer het. ’n Gebruiker genaamd “wowforreeel” het ’n video geskep met die skaduwee “wat lyk soos ’n standbeeld van ’n man, bene apart en dalk honderde meter lank is”.
Wat meen julle? Kyk die video hier:
Bronne: huffingtonpost.com, kgw.com, examiner.com