Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 20 min.
600 g calamari-ringe
sout en vars gemaalde swartpeper
375 ml (1½ k) koekmeel
15 ml (1 e) gedroogde
Italiaanse kruie
5 ml (1 t) rooipeper
2 eiers, geklits
45 ml (3 e) olyfolie
AARTAPPELSKYFIES
45 ml (3 e) olyfolie
8 aartappels in dun skyfies gesny OF 750 g oondbakaartappelskyfies
DOOPSOUS
15 g vars koljander, gekap
skil van 1 suurlemoen, en 10 ml (2 t) sap
125 ml (¼ k) mayonnaise
125 ml (½ k) Griekse jogurt
Voorverhit die oond tot 230 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.
- Spoel die calamari af en maak goed droog met kombuispapier. Geur met die sout en peper.
- Meng die koekmeel, kruie en rooipeper. Geur met die sout en peper en rol die calamari daarin.
- Doop die calamari in die eier en rol dan weer in die meel. Pak in ’n enkellaag op die voorbereide bakplaat, sprinkel met die olyfolie en bak 10 min. Skakel die roosterelement van die oond aan. Bak nog 5 min. of tot goudbruin.
- Aartappelskyfies Sprinkel die olie oor die aartappelskyfies en rooster 25-30 min. in die oond tot goudbruin en gaar, of berei die oondbak-aartappelskyfies volgens die aanwysings op die pak.
- Doopsous Meng al die bestanddele vir die sous en sit voor saam met die calamari, aartappelskyfies en suurlemoenwiggies.
As jy nie calamari-ringe te koop kry nie, kan jy calamari-steaks in repe sny.