Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Damian maak toetsbuiging vir Bokke

$
0
0

Die Stormers-senter Damian de Allende maak Saterdag sy toetsbuiging vir Suid-Afrika wanneer die Springbokspan teen Argentinië speel. Dié wedstryd teen die Suid-Amerikaners skop om 17:00 op Loftus Versfeld in Pretoria af. Dis die Bokke se eerste wedstryd in vanjaar se Kampioenereeks.

Damian sal die ervare Bokkaptein Jean de Villiers langs hom in die middelveld hê. Jean is een van drie Bokke wat terugkeer na die span nadat beserings hulle tydens die Junie-toetsreeks langs die kantlyn gehou het. Die ander twee – die stut Frans Malherbe en die slot Eben Etzebeth – is op die plaasvervangerbank. Willem Alberts en Tendai Mtawarira is ook terug in die span. Dié twee brekers het einde Junie die toets teen Skotland weens beserings misgeloop.

“Ek is baie opgewonde om te sien wat Damian kan doen nadat hy as gevolg van beserings nie in Junie sy buiging kon maak nie,” het die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer, gesê.  “Jean en Damian het al saamgespeel, maar nie in dié posisies nie (Jean op binne- en Damian op buitesenter). Damian het wel in sy junior dae buitesenter gespeel.”

Oor Saterdag se wedstryd het Heyneke gesê: “Ons speel teen ’n formidabele teenstander en kan geen kanse waag of eksperimente doen nie. Die spelers weet hulle moet geestelik en fisiek voorbereid wees, anders kan dit ’n lang middag op Loftus word.”

Die volledige Bokspan is:

Willie le Roux, Cornal Hendricks, Damian de Allende, Jean de Villiers (k), Bryan Habana, Handré Pollard, Ruan Pienaar, Duane Vermeulen, Willem Alberts, Francois Louw, Lood de Jager, Bakkies Botha, Jannie du Plessis, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira. Plaasvervangers: Adriaan Strauss, Trevor Nyakane, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, Marcell Coetzee, Francois Hougaard, Morné Steyn, Jan Serfontein.

Bronne: Supersport.com, Sapa, news24.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>