Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Clooney ‘kry troulisensie’

$
0
0

George Clooney en Amal Alamuddin het hul huweliksafkondiging laat publiseer.

Die Hollywood-hartebreker het sy Britse meisie in April die jawoord gevra, en dit lyk of die paartjie binnekort gaan afhaak.

Volgens The Mirror het George en Amal twee weke gelede die registrasiekantoor in Chelsea, Londen, besoek en hul huweliksafkondiging laat publiseer.

Die paartjie het blykbaar die gebruiklike fooi van sowat R630 betaal voor hulle die superintendent-registrateur by die stadsaal in Chelsea ontmoet het om amptelike dokumente te onderteken.

“Hulle is weliswaar ’n glanspaartjie, maar hulle moet dieselfde dokumente as ons almal teken,” sê ’n bron.

In Engeland moet mense wat op trou staan, minstens 16 dae voor hul troue hul huweliksafkondiging doen. Dit word op ’n dokument agter glas buite die stadsaal vertoon.

Die proses is soortgelyk aan die Amerikaanse voorskrifte vir troulisensies waar mense in talle state etlike dae voor hul troue ’n lisensie moet verkry sodat die huwelik wettig verklaar kan word.

George (53) en Amal (36) sal na verwagting later vanjaar trou aan die Comomeer in Italië waar die akteur ’n huis besit.

Us Weekly het berig dat George en Amal se ma, Baria, in Junie na die trouplek gevlieg het om reëls daar te stel wat sal keer dat aanhangers en die paparazzi op die groot dag te na aan sy woning kom.

Volgens die tydskrif het George die reëls op Saterdag 21 Junie laat uitvaardig en dit sal tot 30 September geld. Die tydelike reëls sal mense afskrik om stil te hou langs die pad en naby die water voor die herehuis Villa Oleandra.

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>