Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Peri-peri-hoender met keker-ertjies en artisjokke

$
0
0

Maak die peri-peri-sous ’n dag of twee vooraf as jy kan; dit raak sterker en smaakliker as ’n mens dit laat staan

Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min.
Staan: 30 min.
Gaarmaak: 15 min.

PERI-PERI-SOUS
30 ml (2 T) rooiwynasyn
Sap van ½ suurlemoen
4 rooi rissies, gekap
3 knoffelhuisies, afgeskil
2 ml (½ t) rissiepoeier
5 ml (1 t) rooipeper
10 ml (2 t) sout
125ml (½ k) olyfolie

HOENDER
8 hoenderborsfilette, in repies gesny
1 blik (410 g) kekerertjies, gedreineer
1 blik (400 g) artisjokharte, gedreineer
1 bossie kruisement, gekap

  1. Peri-peri-sous: Versap die asyn, suurlemoensap, rissies, knoffel, rissiepoeier, rooipeper en sout in ’n menger tot ’n gladde pasta. Voeg geleidelik die olie by terwyl die menger nog aangeskakel is.
  2. Hoender: Meng die hoender in ’n groot nie-metaal bak met die helfte van die peri-peri-sous. Bedek en plaas vir minstens 30 minute in die yskas. Druk die hoenderstukke deur vleispenne.
  3. Voorverhit ’n pan oor matige hitte. Maak die hoendersosaties gaan, draai om soos nodig en smeer met oorblywende peri-peri-sous vir 12 minute of tot die hoender gaar en liggies gebrand is op plekke. Haal dit uit die pan.
  4. Voeg die kekerertjies en artisjokke in die pan en verhit. Roer die gekapte kruisement in voor jy dit bedien.
  5. Rangskik die sosaties op ’n bord. Bedien saam met die kekerertjies en artisjokke, ’n groen slaai, platbrode en ’n sous van jou keuse.

Hope Malau


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>