Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Dinsdag 5 Augustus 2014

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:30 Bravo! (kykNET): Die boytjie van Brackenfell, Pedro Kruger, sing en speel klavier en vat ons terug na sy grootwordplek. Die Bravo!-span kuier ook agter die skerms van kykNET se nuwe promosievideo.

18:00 The Middle (M-Net): Toe Frankie se suster haar vra om hul huis op te pas, is sy en Mike gretig, want dit is ’n romantiese wegbreeknaweek vir hulle.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Die Villa Rosers is geskok deur Eben se onthulling. Astrid is boos vir Jimmy maar is, soos altyd, ’n vrou met ’n plan. Almal ontferm hulle oor Sussie wat besef daar is ’n nuwe krisis op die horison en haar bes probeer om die vuur te blus.

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 7de Laan (SABC2): Aggie besef sy was dom om in haar liefde vir Lindile te twyfel. Gaan Irma eindelik ’n werk kry?

18:30 Binnelanders (kykNET): Margot word gekonfronteer oor die stories wat sy verspre. Karli en Adelyn baklei oor ’n man. Quinton dring daarop aan om almal ’n regverdige kans te gee om hul kant van die storie te stel.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Kos wat in ’n eetbare omhulsel of houer voorgesit word, is perfek vir ’n piekniek, middagete, partytjie of reis. Daar is baie lekkerder, opwindender en slimmer idees as die gewone toebroodjie en toevoukos wat duisende mense elke dag in supermarkte haastig na gryp. In hierdie episode draai Nataniël alles toe, van voorgereg tot nagereg.

20:00 Pandjiewinkelstories (kykNET): Die streng juf. Gous van die kantoor het ’n geheime lewe wanneer sy die kantoordeur agter haar toemaak: Sy leef in ’n droomwêreld waar sy Blossom is. Maar met die kantoor se Kerspartytjie haal die werklikheid Blossom in.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

21:30 The Client List (SABC 3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!