Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Moet jy oefen terwyl jy siek is?

$
0
0

Jou neus is rooi en rou, jou genies irriteer die hele kantoor en jou keel voel soos skuurpapier – gim is die laaste ding waaraan jy nou wil dink. Maar gaan dit jou gouer beter laat voel as jy ’n bietjie aan die gang kom of is dit net jou neus wat moet loop?

Volgens precisionnutrition.com is daar ’n groot verskil tussen oefen en rondbeweeg. Eersgenoemde plaas die liggaam onder spanning, terwyl ’n mens laasgenoemde baie makliker kan hanteer.

Terwyl ons fiks en gesond is, is hierdie spanning iets wat ons kan omarm en dit maak ons op lang termyn fikser. Maar wanneer ons ’n bietjie olik voel, kan dit te veel wees vir ons immuunstelsel.

Dit is raadsaam om te hou by ’n makliker oefenprogram wat voordelig is vir jou liggaam en jou die verkoue vinniger help afskud. ’n Rustige wandeling, fietsry teen ’n rustige pas of selfs ’n bietjie tuinwerk kan alles goed wees wanneer jy ’n verkoue het en kan selfs jou immuniteit versterk.

Die belangrikste is, luister na jou liggaam. Wat party mense kan hanteer, is dalk te veel vir die minder fikses. Neem dus in ag hoe dikwels jy gewoonlik oefen en beoog om sowat die helfte rustiger te oefen.

Oefening kan soms goed en soms slegs wees vir die immuunstelsel. ’n Lang, strawwe sessie kan jou eintlik vatbaarder maak om iets op te doen. Aan die ander kant kan ’n matige oefensessie jou immuniteit aanhelp, wat beteken dit is goed om straf te oefen wanneer jy gesond is.

As ’n reël moet jy jou nie te hard druk wanneer jy siek is nie, maar jy moet ook nie ’n stoelpatat word nie. Los maar liefs die oefening vir die marathon tot jy nie meer die Med-Lemon nodig het nie, maar kry ’n bietjie ligte oefening en vars lug in.

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>