Ons onnie van die week erken onderwys is ’n moeilike beroep, maar sy glo dit is ongetwyfeld die lonendste werk.
Naam en ouderdom:
Lynne Arbuckle, 39.
Waar en wat onderrig jy?
Ek is die hoof van Riverside College-laerskool in Burgundy Estate, Kaapstad. Ek is ook ’n gr. 6-klasonderwyser. Ek hou al 18 jaar skool.
Hoekom het jy onderwys as beroep gekies?
Ek wou nog altyd skoolhou; ek is passievol oor kinders en om ’n verskil in hul lewe te kan maak. Dit was dus altyd ’n duidelike loopbaankeuse vir my. Ek is dankbaar ek kan my droom nastreef en ek geniet dit nog elke dag.
Gee drie wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig:
- Bly op hoogte met wat in die onderwys gebeur. Ons wêreld is aan die verander, so ook die manier waarop ons onderrig gee en hoe kinders leer. Bly ingelig van die nuwe neigings in die onderwys, en moenie bang wees om iets nuuts te beproef nie. Ek is dikwels verbaas oor hoe goed ’n nuwe idee werk.
- Wys kinders hoe om te studeer. Dit raak ál duideliker dat kinders en baie van hul ouers raadop oor studeer. Daar is so baie klein maniere om kinders met hul geheue te help en studeer makliker te maak. Wys jou leerders tydens lesse wenke en tegnieke om hulle aan die gang te kry.
- Handhaaf ’n gesonde balans. Moenie toelaat dat jy oorweldig word en jou heeltemal in die skoollewe verdiep nie, veral nie as jy en jou gesondheid aan die kortste ent trek nie. Bring tyd saam met jou familie deur, sosialiseer met jou vriende (nie net kollegas nie) en kom ’n bietjie uit. Streef jou belangstellings en stokperdjies na. Ons het almal van tyd tot tyd ’n ruskans nodig.
Gee drie wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak of graad:
- Gryp elke beskikbare geleentheid aan om te leer en by die skool betrokke te raak. Daar is altyd iets om by die skool te doen; woon kursusse by, raak betrokke by buitemuurse aktiwiteite, bied aan om by skoolgeleenthede hand by te sit en bied bystand in jou spesifieke kundigheidsgebied. Onderwyser wees gaan nie net oor onderrig gee nie, it bied jou ook waardevolle ervaring en aan die einde van die dag gaan die jou CV ook laat goed lyk.
- Vra vir hulp! Ons het dit almal nodig. Moet nooit bang wees om iemand om hulp te vra of te erken jy sukkel met iets nie. Dit wys jy is ontvanklik vir raad en gretig om te leer. Vind ’n mentor by jou skool wat jou met jou probleme en vrae kan help. Elke onderwyser wat ek ken, is gretig om hul ervarings en raad te deel.
- Byt vas! Onderwys is ’n moeilike werk, maar ongetwyfeld die lonendste een. Daar gaan dae wees dat jy soos ’n mislukking voel. Soms het jy net iemand nodig wat luister. Onthou hoekom jy daar is en bou ’n ondersteuningstelsel op, met kollegas en vriende wat jou gaan herinner hoekom jy begin skoolhou het.
Wat is jou gunstelingtegnologie of -boek om in die klas te gebruik?
Die internet is ’n fantasties hulpbron vir enigiets verwant aan onderwys; daar is so baie idees en hulpbronne wat jou lesse kan aanvul.
Wat motiveer jou as onderwyser?
Elke dag het ek die geleentheid om ’n kind se lewe op ’n positiewe manier te verander, of dit ’n glimlag of woord van aanmoediging is, en of ek ’n kind ’n struikelblok help oorkom. Om gelukkige gesigte aan die einde van die dag te sien wys ek het ’n klein verskil in hul lewe gemaak.
Dit is ’n voorreg om deel van ’n kind se wêreld te wees en ek verruil dit nie vir die wêreld nie; ek kan sien hoe hulle voor my oë akademies, emosioneel en sosiaal groei en volwasse raak.