Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Onnie van die week: Stel logiese doelwitte

$
0
0

Ons onnie van die week glo daarin om met leerders se vordering prakties te raak en maak selfs gebruik van grafieke om hul ontwikkeling te meet.

Naam en ouderdom:
Hester van Dyk (62).

Wat en waar onderrig jy?
Ek werk by die Hesda-onderrigsentrum, ’n onafhanklike privaat skool in Centurion en Equestria. Ek onderrig leerlinge van gr. R-12 in alle vakke.  My spesialiteitsvakgebied is helende of remediërende onderwys, asook onderrig van ’n unieke heelbreinstudie-konsep wat uniek aanpas by elke individu. Hesda doen ook vakkeuse- en loopbaanbeplanning.

Hoekom het jy onderwys as loopbaan gekies?
Die liefde en empatie vir diegene wat nie in die linkerbrein-skoolstelsel pas nie en weens die een of ander leemte onderpresteer, asook die oorpresteerder, wat net so ’n groot remming kan wees.

Gee drie wenke aan ander onderwysers wat jou vak onderrig: 

  1. Ken jou leerder se sterkste leermodaliteit, hetsy dit visueel, ouditief, taktueel, kinesteties, motories, verbaal of ’n kombinasie van bogenoemde is.
  2. Ken jou kind en verstaan hoe om hom na die beste van jou vermoë te begelei tot die hoogste vlak wat hy kan behaal.
  3. Bou aan ’n goeie vertrouens- begrypings- en gesagsverhoudings wat tussen leerder, onderwyser en ouers gestig word.

Gee drie wenke aan nuweling-onderwysers in enige vak of graad:

  1. Ken jou leerder deur ’n unieke evaluering rakende die laterale profiel (aangebore linker- en regterbrein – logiese en kreatiewe denke), hul sterkste leermodaliteit, skolastiese evaluering (Afrikaans en Engels, lees en spelling, begripstoetse en spoed in wiskunde, woordsomme asook loopbaanbeplanning en vakkeuses).
  2. Hê empatie en begrip vir die kind wat moontlike leerremminge kan toon.  Leer graag van ander en pas toe in praktyk.
  3. Doen gereeld verwysings na ander vakgebiede soos neurologie, spraak-, arbeids- en fisioterapie. Ons leuse is: “Vroeë uitkenning van ’n leergeremdheid voorkom leergestremdheid.”

Wat is jou gunsteling-tegnologie of -boek om in die klas te gebruik?
Die Bybel – Ps. 139:14 – en dr. Kobus Neethling se boek oor kreatiwiteit en positiwiteit.

Wat motiveer jou as onderwyser?
- Respek, liefde, kennis is mag, samewerking saam met ander vakgebiede, asook om by te hou by die nuutste tegnologie en dit in die praktyk toe te pas.
- Die vordering van ’n leerder deur deurlopende evaluering en die gebruik van ’n grafiek om dit vas te lê.
- Om logiese doelwitte vir elke leerder te stel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>