Die drankies het gevloei toe Selena Gomez en haar vriende Maandag haar 21ste verjaardag by die Bagatelle-restaurant in West Hollywood gevier het.
Die sangeres en aktrise se aan-af-kêrel, Justin Bieber (19), was nêrens te sien nie, maar haar ma, Mandy Cornett, en stiefpa, Brian Teefey, was daar om drankies vir haar vriende te koop, berig die New York Post.
Selena, wat onlangs gesê het sy beplan om haar eerste wettige alkoholiese drankie by die restaurant te geniet, het sjampanjekurke laat klap en op die kroeg gedans.
Die popster het by haar vriende en ’n groot koek met ’n yslike versiersuiker-21 op poseer en die foto op Instagram gelaai. Sy het daarby geskryf: “Dankie, BagatelleLA, vir ’n wonderlike vdag! Dis ’n verjaardagWEEK!”
Selena se Spring Breakers-medester Ashley Benson (23) was ook daar en die twee is later saam met nog van Selena se vriende na ’n gewaagde vertoning en partytjie by Beacher’s Madhouse.
Die groep het BBP-sitplekke gehad vir ’n goeie uitsig op die TV-persoonlikheid en oud-ontkleedanseres Busty Heart, wat die gawe het om bierblikkies in te duik deur met haar borste daarop te slaan.