Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Graad 1 Wetenskapprojek: Sosiale Media

$
0
0

Toe die gr. 1-leeder van Pretoria Ruben Venter se ma, Drika, hom help om sy wetenskap-projek oor sosiale media van die grond af te kry, het hulle nooit gedink dit sal so ’n groot sukses wees nie.

Drika het ’n foto van Ruben met ’n plakkaat op Facebook geplaas wat lees: My Graad 1 Wetenskapprojek. Sosiale Media. Hoe ver sal my foto in ses dae reis? Lewer asseblief kommentaar met die plek waar jy my sien. Baie dankie. Ruben Venter. Pretoria, RSA.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Op Saterdag 19 Julie het Drika geskryf Ruben se foto is ná ses dae  293 539 keer gedeel.

Mense so ver soos Texas, die Filippyne, Christchurch, Siprus, Bangladesj en nog vele ander eksotiese plekke het kommentaar gelewer met die plek waar hulle die foto gesien het.

Almal was vol lof vir sy eksperiment, en ouers reg die wêreld oor het gesê hul kinders wil nou dieselfde doen.

Die inligting moet na Facebook se hoofkantoor gestuur word om te bepaal hoeveel keer daarop kommentaar gelewer is.

Die oorspronklike foto wat op sy ma se muur geplaas is, is 27 110 keer van gehou en daar is 108 571 keer op kommentaar gelewer.

Foto: Facebook

Foto: Facebook

In dié stadium is dit nog nie moontlik om te sê hoeveel keer mense op die gedeelde foto kommentaar gelewer het nie. Drika het wel ’n rowwe berekening gemaak en gevind as daar op ’n gemiddeld van tien mense per gedeelde foto gewerk word, sal dit beteken 2 miljoen mense het Ruben se foto gesien.

Ruben is verheug en trots op sy projek, het sy ma geskryf.

Marelize Potgieter


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>