Genoeg vir 8 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: sowat 1 uur
1 pak met 12 hoenderstukke (dytjies en boudjies)
sout en peper
60 ml (¼ k) koekmeel
20 ml (4 t) mosterd
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
6 knoffelhuisies, geskil en fyn gedruk
1 suurlemoen se skil, gerasper
1 suurlemoen, in skywe gesny met skil en al
4 tiemietakkies
2 blikke (400 g elk) botterbone, gedreineer
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondbak.
- Geur die hoender met sout en peper en pak dit in die oondbak.
- Meng die koekmeel, mosterd en hoenderaftreksel tot glad en verhit in die mikrogolfoond tot dit kook en verdik; roer gedurig.
- Roer die knoffel en suurlemoenskil by. Giet die sous oor die hoender.
- Rangskik die suurlemoenskywe tussen die hoenderstukke en stapel die tiemietakkies bo-op. Bedek en bak 40 minute tot die hoender sag is. Verwyder die bedekking.
- Meng die botterbone by die sous in en bak nog sowat 20-30 minute tot die hoender bo-op mooi bruin is.
- Sit voor met rys en slaai indien verkies.