Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Gestopte varktjops

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute
Staantyd: ’n paar uur

TJOPS
4 dik varktjops
2 snye witbrood, korsies afgesny en gekrummel
15 ml (1 e) room
1 knoffelhuisie, fyn gekap
1 eier
15 ml (1 e) pietersielie
15 ml (1 e) grasuie
sout en vars gemaalde swartpeper
MARINADE
100-150 ml rooi- of witdruiweasyn
60 ml (¼ k) kookolie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
3-4 droë jenewerbessies
1-2 lourierblare
swartpeperkorrels

  1. TJOPS Maak ’n insnyding in die vleiskant van die tjops wat groot genoeg vir die vulsel is.
  2. Meng die witbroodkrummels, room, knoffel, eier, pietersielie en grasuie en geur met sout en peper.
  3. Vul die tjops en steek elke holte toe met ’n peuselstokkie. Plaas in ’n plat glasbak.
  4. MARINADE Meng al die bestanddele en giet oor die vleis. Marineer ’n paar uur.
  5. Braai die tjops op baie warm kole tot gaar. Sit voor met gebraaide tamaties indien verkies.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>