Genoeg vir 8 mense
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30-35 minute
POEDING
500 ml (2 k) koekmeel
1 ml (¼ t) sout
10 ml (2 t) bakpoeier
100 g botter
250 ml (1 k) suiker
2 eiers
50 ml (1/5 k) appelkooskonfyt
fyn gerasperde skil van 2 suurlemoene
30 ml (2 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) koeksoda
200 ml melk
SOUS
200 ml suiker
10 ml (2 t) fyn gerasperde suurlemoenskil
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) room
80 g botter
Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer ’n oondvaste bak.
- Poeding Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
- Klop die botter en suiker tot romerig. Voeg die eiers eeneen by – klits goed ná elke byvoeging.
- Voeg die appelkooskonfyt, suurlemoenskil en -sap by die bottermengsel.
- Los die koeksoda in die melk op en voeg dit geleidelik om die beurt met die droë bestanddele by die bottermengsel.
- Meng om ’n beslag te vorm – moet dit nie te veel meng nie.
- Giet die beslag in die voorbereide bak en bak sowat 25 minute. Stel die oondhitte laer tot 160 °C as die poeding ná sowat 10 minute te donker begin bak. Laat dit sowat 5 minute afkoel.
- Sny die poeding in porsies en giet die warm sous oor die warm poeding.
- Sous Meng die suiker, suurlemoenskil, water en room in ’n kastrol en laat opkook. Voeg die botter by en kook nog 5 minute. Giet af deur ’n sif.
- Sit voor saam met room.