Dit word beweer dat prins George ’n slapelose nag gehad het toe sy ouers hom ná sy geboorte na die Kensington-paleis geneem het.
Brittanje se prins George het tydens sy eerste nag by die huis aanhoudend gehuil.
Prins William en hertogin Catherine (albei 32) het na bewering ’n moeilike aand met die prinsie deurgemaak toe hulle die hospital verlaat en terugkeer na die tweeslaapkamerwoonstel op die paleis se grond.
Daar was blykbaar geen lugversorging nie en die kleintjie het heelnag gehuil, wat sy ouers ook wakker gehou het.
’n Bron het aan die tydskrif Vanity Fair gesê: “George was so woelig, hulle kon skaars ordentlik gesels.”
Prins George, wat op 22 Julie een word, pryk op die ikoniese tydskrif se uitgawe vir Augustus om sy eerste verjaardag te herdenk. Kate Nicholl, wat die artikel geskryf het, het met baie vriende van die koningsgesin gepraat.
In die artikel sê Kate hertogin Catherine se eerste paar weke met George was moeilik omdat hy koliek gehad het.
Die artikel sê: “Kate was verlig omdat George hom tydens sy eerste paar openbare verskynings goed gedra het.
“Die eerste paar maande het hy hard en gereeld gehuil en hy het nie die nag deurgeslaap nie.”