Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hollywood-sterre verruil flieks vir TV

$
0
0

In die verlede moes akteurs eers op TV naam maak voor hulle rolle in flieks kon kry, maar deesdae lyk dit of die teenoorgestelde waar is. Met haar nuwe TV-minireeks, Extant, wat binnekort uitgesaai word, is die Oscar-bekroonde aktrise Halle Berry een van talle rolprentsterre wat na toneelspel op die kassie teruggekeer het.

Die room van Hollywood verkies ál meer om in TV-reekse te speel, en party meen selfs dis beter as flieks. “Ek is rolle aangebied wat ek voel ek al vantevore gedoen het,” sê Halle. “Dit was nie opwindend genoeg vir my om my gesin vir vier maande agter te laat nie. Ek het besef van die beste skryfwerk, veral vir vroue, is in TV-reekse.”

Hier is ’n paar ander Hollywood-rolprentsterre wat ook op die kassie beïndruk het:

  1. Matthew McConaughey (Dallas Buyers Club, Magic Mike) en Woody Harrelson (Natural Born Killers, White Men Can’t Jump) het onlangs in True Detectives twee speurders gespeel wat op die spoor van ’n reeksmoordenaar in Louisiana is.
  2. Claire Danes (Romeo and Juliet, Brokedown Palace) speel die CIA-agent Carrie Mathison in Homeland. Die derde seisoen van die reeks word in Kaapstad verfilm.
  3. Ashton Kutcher (Jobs, The Butterfly Effect) het op TV naam gemaak in That ’70s Show. En hy het onlangs na sy wortels teruggekeer om in die komediereeks Two and a Half Men te speel.
  4. Sowel Kevin Spacey (Seven, Superman Returns) as Robin Wright (Moneyball, Girl with the Dragon Tattoo) het Emmy-benoemings vir hul rolle in House of Cards gekry. Kevin speel Frank Underwood, ’n magshonger Amerikaanse politikus, en Robin speel sy vrou, Claire.
  5. Zooey Deschanel (Yes Man, 500 Days of Summer) se treffer-komediereeks New Girl is vroeër vanjaar vir ’n vierde seisoen hernu.
  6. In die sielkundige riller The Following vertolk Kevin Bacon (Mystic River, Apollo 13) die rol van Ryan Hardy, ’n voormalige FBI-agent wat ’n reeksmoordenaar soek wat uit die tronk ontsnap het.
  7. Don Cheadle (Iron Man 2, Crash) speel ’n moreel korrupte bestuurskonsultant in House of Lies. Nog ’n rolprentster, Kristen Bell (Forgetting Sarah Marshall, Couples Retreat), speel ook in die reeks.

- Petro-Anne Vlok

BRONNE: BangShowbiz, Wikipedia.org, time.com


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>