Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 15-20 min.
600-700 g varkfilet
sout en vars gemaalde peper
30 ml (2 e) olyfolie
250 g filodeeg
60 ml (¼ k) botter, gesmelt
60 ml (¼ k) uiemarmelade
15 ml (1 e) sesamsade
SPINASIE
300 g spinasie
125 ml (½ k) roomkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Geur die filet met die sout en peper en vryf met die olie. Verhit ’n pan en seël die filet aan albei kante. Hou eenkant.
- Plak 3 velle filodeeg op mekaar met gesmelte botter. Smeer die filo met die uiemarmelade en pak die filet aan die een kant. Vou die kante in, rol toe en verf die hele rol met botter. Plaas op ’n bakplaat en sprinkel die sesamsaadjies oor.
- Bak 15-20 min. in die oond of tot die filo goudbruin en die filet gaar is. Laat rus 10 min. en sny in skywe.
- Spinasie Blansjeer die spinasie in kookwater, roer die roomkaas deur en geur met die sout en vars gemaalde peper. Sit voor saam
- met die vark.
Wenk
Maak individuele filopakkies: Sny die filet vooraf in 4 porsies. Rol elk apart toe met velle filo.