Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het die afgelope week aangekondig hulle gaan hul TV-roosters ingrypend verander.
Wanneer die SAUK se dekking van die Wêreldbekertoernooi op 14 Julie eindig, gaan kykers moet aanpas by ’n reeks veranderinge op SABC1, SABC2 en SABC3.
Van die veranderinge volgens Channel24 is:
- Die Afrikaanse Nuus om 7 verskuif ná die Wêreldbekertoernooi permanent na SABC3. Dit word van Maandag tot Vrydag om 19:30 uitgesaai.
- Die Engelse nuus word weeksdae om 19:00 op SABC3 uitgesaai.
- 7de Laan bly in dieselfde tydgleuf, naamlik weeksdae om 18:30 op SABC2.
- Noot vir Noot word steeds elke Vrydag om 19:30 op SABC2 uitgesaai.
- Generations bly in sy gewone tydgleuf, naamlik 20:00 op SABC3.
- Die tydgleuf waarin Afrikaanse dramareeks sedert 1976 op SABC2 (en sy voorgangers) uitgesaai word, skuif na SABC3.
- Swartwater sal vanaf 1 Julie om 20:00 op SABC3 uitgesaai word.