Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 40-45 min.
SLAAI
500 g baba-aartappels
45 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde peper
sap en skil van 1 suurlemoen
15 g vars roketblare
VIS
400 g visporsies
30 ml (2 e) knoffel-enkruie-speserye
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Slaai Versprei die aartappels op ’n bakplaat. Giet die olie oor en geur met die sout en peper. Oondbraai 40-45 min. tot goudbruin en sag.
- Besprinkel die warm aartappels met die suurlemoensap en -skil.
- Vis Pak die vis op ’n bakplaat en geur met die knoffel-en-kruiespeserye. Oondbraai 15 min. tot gaar.
- Meng die roketblare deur die aartappels en sit voor saam met die vis.