Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kim Kardashian se assistent beskadig haar peperduur motor

$
0
0

Kim Kardashian se assistent het na bewering oor die naweek sowat R220 000 se skade aan die werklikheidster se Rolls Royce gerig nadat sy ’n posbus gestamp het.

Kim Kardashian se assistent het na bewering haar motor ter waarde van R3,3 miljoen beskadig.

Die 33-jarige moes opdok om die verfskade aan haar swart Rolls Royce Phantom Series II te herstel nadat ’n werknemer oor die naweek per ongeluk ’n posbus gestamp het.

Die assistent het glo Kim se luukse motor uit haar oprit probeer trek toe sy die skade aanrig. Die motor het ’n groot stamp en ’n paar krapmerke op die agterpaneel opgedoen.

Maar volgens TMZ.com gaan Kim se assistent nie die R220 000 se skade self betaal nie; die donkerkopskoonheid gaan dit dek.

Intussen blyk dit Kim het ook ander dinge wat haar besig hou; sy het haar dogter, North, se eerste verjaardagpartytjie beplan.

Die Keeping up with the Kardashians-ster en haar man, Kanye West (37), het Saterdag ’n partytjie gereël, Kidchella, wat inspirasie put uit die Coachella-musiekfees.

Die pasgetroudes het ’n reeks aktiwiteite gereël, onder meer gesig verf, hare vleg, tydelike tatoes en mallemeuleritte. Hulle het ook wigwamme gehad vir gaste om in te ontspan.

Daar was ook stalletjies, piekniekbanke, verhoë en springkastele. Die partytjie is gehou by Kim se suster Kourtney se huis in Calabasas, Kalifornië.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>