Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Ma brandmerk haar kinders

$
0
0

Sjoe, praat van desperaat! ’n Jong ma van die Amerikaanse deelstaat Florida is onlangs aangekla weens kindermishandeling nadat sy haar twee kinders gebrandmerk het sodat sy hulle beter kon uitken.

Kayla Oxenham (23) se sewejarige dogter het aan die polisie vertel haar ma het gesê sy en haar vyfjarige sussie kan roomys kry as sy hulle met ’n warm stok kan brand om hulle beter uit te ken.

Sy het ook vertel hoe haar ma op ’n vorige geleentheid ook haar sussie aan die hare gegryp en haar kop herhaaldelik teen ’n muur gestamp het om haar te straf nadat sy hul kat in die badkamer toegesluit het.

Personeel by die sussies se dagsorgsentrum het glo by die owerheid gaan kla nadat hulle merke aan die kinders gewaar het. Mediese verslae het later bevestig dat hul beserings ooreenstem met dié van brandwonde.

Die ma, ’n mediese assistent, het aanvanklik ontken sy het haar kinders mishandel. Sy het ook geweier om met die polisie te praat. Sy is in hegtenis geneem, maar is later op borgtog vrygelaat. Haar kinders is uit haar sorg verwyder, sê maatskaplike werkers.

Hulle word nou deur die jongste kind se pa versorg.

- Janine Nel

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, BUZZFEED.COM


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!