Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Viëtnamese varktjops en spaghetti

$
0
0

Jy kan die vark met hoenderfilette vervang. Die gaarmaaktyd bly dieselfde.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15-20 min.

4 varktjops
sout en vars gemaalde peper
15 ml (1 e) olyfolie
500 g spaghetti
SOUS
125 ml (½ k) sojasous
30 ml (2 e) vissous
60 ml (¼ k) heuning
1 rooi brandrissie, gekap
15 ml (1 e) gerasperde vars gemmer
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sap van 2 lemmetjies

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Geur die varktjops met die sout en peper, smeer met die olie en rooster 15-20 min. tot gaar (na gelang van die tjops se dikte).
  2. Kook die spaghetti tot al dente en dreineer, maar hou 60 ml (¼ k) van die kookvloeistof.
  3. Sous Meng alles. Sprinkel ’n bietjie van die sous oor die tjops sodra dit uit die oond kom en giet die res oor
  4. die spaghetti. Meng goed en sit voor saam met die tjops.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>