Die sogenaamde monster van Springs se vrou (35) het Dinsdag in die streekhof verskyn.
Sy is Maandagmiddag in hegtenis geneem nadat sy van regsverydeling aangekla is.
Landdros Roy le Roux het aan die vrou gesê dat sy die tweede beskuldigde in die saak is, berig Beeld.
Sy staan saam met haar man tereg op klagtes van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, kindermishandeling en dwarsboming van die gereg.
Sy sal in aanhouding bly tot 1 Julie wanneer sy formeel om borgtog aansoek kan doen.
Bron: Beeld.com