Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Dekadente sjokoladebroodpoeding

$
0
0

Dié ryk poeding werk uitstekend op koue wintermiddae.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute

4 groot dag oue croissants
200 g melksjokolade
45 ml (3 e) lemoenlikeur
300 ml room
300 ml melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
6 ekstragroot eiergele
150 ml strooisuiker
40 ml sagte bruinsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot oondbak met botter of spuit met kossproei.

  1. Breek die croissants in growwe stukke en rangskik twee derdes daarvan in die oondbak. (Die croissants kan deur rosyntjiebrood vervang word. Dit hoef nie ’n paar dae oud te wees nie.)
  2. Breek die helfte van die sjokolade in stukke en gooi dit by die broodstukke.
  3. Sprinkel die likeur oor die broodstukke.
  4. Giet die room, melk en vanieljegeursel in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt.
  5. Klits die eiergele en strooisuiker met ’n elektriese klitser. Giet ’n klein bietjie van die verhitte melkmengsel by die eiermengsel en klits.
  6. Giet die res van die verhitte melkmengsel by die eiermengsel en klits goed.
  7. Giet die eier-en-melkmengsel oor die broodstukke in die oondbak.
  8. Rangskik die res van die brood bo-oor en sprinkel die bruinsuiker en kaneel oor.
  9. Bak 30-40 minute of tot die poeding gaar is.
  10. Smelt intussen die res van die sjokolade en giet dit oor die poeding sodra dit uit die oond kom.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>