’n Polisiehond het Vrydag ’n man van 204 kg in Orlando in die Amerikaanse deelstaat Florida vasgetrek nadat hy 23 g dagga in sy vetrolle versteek het.
Polisiebeamptes het Maandag vertel hulle het eintlik ’n motoris in ’n padblokkade voorgekeer omdat dié nie sy veiligheidsgordel gedra het nie. Die polisiehond het snuf in die neus gekry en afgekom op die dagga tussen die man se vetrolle.
Volgens die polisie het die beskuldigde die dwelmreuk met ’n lugverfrisser probeer verbloem, maar dit kon nie die polisiehond fnuik nie.
Die man is in hegtenis geneem.
– Sapa-dpa/gm