Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wees veilig op sosiale media

$
0
0

“Sosiale media word oorval met skadelike inhoud, en dit word ál moeiliker om te onderskei tussen veilige en onveilige inhoud,” sê Carey van Vlaanderen, hoof uitvoerende beampte van SEST Southern Africa, ’n maatskappy wat spesialiseer in sagteware wat rekenaars beveilig.

Sy sê al is kinders nie kubermisdadigers se hoofteiken nie, gebruik hulle dikwels geleenthede en gewilde kultuur om slagoffers te lok. Dit beteken sosiale media is ’n groot teiken, en dit is waar die meeste jong mense hulle deesdae bevind.

Wat kan jy dus doen om jou en jou kinders te beskerm teen kuberkrakers en -boelies? Volg dié raad:

  1. Moenie elke uitnodiging aanvaar wat jy op sosiale netwerke ontvang nie: As jy iemand nie ken nie, moenie hul uitnodiging aanvaar nie. “Jy kan dit so aan kinders verduidelik: Sou hulle een van hul vriende op sosiale media na hul huis nooi?”
  2. Dink voor jy klik: Nie elke skakel wat jy teëkom, is wat dit voorgee om te wees nie. Leer jou kind (en jouself) liewer die onderwerp van die skakel google of om ’n webtuiste se tuisadres in ’n leser te tik. Dit kom baie voor dat die skakel skadelike sagteware bevat, en sodra jy dit aflaai, word jou rekenaar besmet. Die kuberkraker kry dan toegang tot jou rekenaar, e-pos en sosiale media. Dié bedreigings kan lank in jou rekenaar skuil voor jy dit agterkom.
  3. Verander gereeld jou wagwoorde, en maak seker dit is sterk: ’n Algemene truuk is dat ’n kraker toegang kry tot een mens se e-pos en so ook tot sy kontaklys – en so moontlik ook tot sy kontakte op sosiale media. Sterk wagwoorde kan belangrike inligting help beveilig; kies dus ’n wagwoord van 10 karakters wat bestaan uit ’n kombinasie van letters, syfers en spesiale karakters. Verander jou wagwoord gereeld; dit verminder die risiko dat iemand dit ontsyfer.
  4. Moenie sommer alles deel nie: Dit is gevaarlik om inligting en skakels te deel sonder dat jy dit nagaan. Jy word dalk mislei om onvanpaste of skadelike inhoud te deel.
  5. Sê nee vir geo-opsporing: Met opsporingsdienste kan tieners hul huidige ligging deel en dit is nie net hul vriende wat kan sien waar hulle is nie; hulle kan dus ’n spoor laat. Maak seker jy het jou privaatheidsverstellings nagegaan, dat geo-opsporing afgeskakel is en dat jou toestemming nodig is om dit te gebruik.
  6. Raak slim oor privaatheidsverstellings: Kyk dat jou en jou kinders se verstellings so is dat net vriende plasings en foto’s kan sien.
  7. Oorweeg sagteware of apps wat jou rekenaar en rekeninge beskerm: Daar is baie opsies beskikbaar; doen navorsing en kies die beste een vir jou.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>