Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Zelda la Grange se skokonthullings

$
0
0


Oudpres. Nelson Mandela se vrou, Graca Machel, is verneder en uitgesluit te midde van ’n magstryd in die familie wat tydens die wêreldbekende staatsman se laaste dae en begrafnis uitgespeel het, het die Sunday Times berig.

“Ma (Machel) was seergemaak en het emosioneel gely,” skryf Zelda la Grange, wat vir 19 jaar Madiba se assistent was, in haar memoires wat binnekort uitgereik word.

Zelda vertel oor ’n aantal voorvalle waartydens Graca en talle van Madiba se hegte vriende uitgesluit is terwyl die familie onder mekaar baklei het.

Zelda sê toe Madiba te siek was om te praat, het sy familie vreemdelinge toegelaat om hom te besoek, terwyl hulle jarelange vriende uitgesluit het.

Sy skryf ook dat Graca akkreditasie moes kry vir Madiba se begrafnis en sy is net vier sitplekke en een vir haarself vir haar kant van die familie toegeken.

“Ek ken nie enigeen wat met soveel minagting behandel is as wat mense teenoor mev. Machel openbaar het nie.”
Intussen het Madiba se dogter Makaziwe Mandela, aan die koerant gesê Zelda sal haar bewerings teen die familie moet staaf, anders sal sy gedagvaar word.

Zelda sê die enigste uitsondering was Zindzi Mandela, en dat sy die waarheid praat in die boek. “Daar is nie een sin in die boek wat betwis kan word nie.”


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!