Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Sondag 15 Junie 2014

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 2 Broke girls (M-Net): Caroline help Max haar hoërskool-diploma kry en die bande met haar vervreemde ma weer opbou.

17:30 About A Boy (M-Net): Will nooi Sam om by hom in te trek nadat sy gedwing is om haar woonstel te ontruim. Later bou Will en Marcus ’n boomhuis.

18:00 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span is by Huisgenoot se Tempo-toekennings. Al drie die aanbieders is daar om die glans en drama vas te vang. En natuurlik om te sien wie wen.

18:30 Friends like these (SABC1): Vriendskappe word getoets waar twee spanne teen mekaar moet meeding om hul droomvakansie te wen.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar. 

19:30 Modern Family (e.tv): Phil kry ’n nuwe vriend terwyl hy vir Luke ’n boomhuis bou. Cameron voer ’n weddenskap te vêr toe hy ’n vrou in ’n kroeg moet verlei.

20:00 Vir Beter of Baie Beter (KykNET): Boetie en Colin se vriendskap word herstel toe hulle hoor George, die resiesperd wat die Million Rand Handicap gewen het, weens steroïedgebruik gediskwalifiseer is.

20:30 Proesstraat (KykNET): Hoe moeilik kan dit dan nou wees om ’n Afrikaanse sokkietreffer te skryf? So wonder van Heerden ook met sy kommersiële aspirasies, en hy vra die pelle om hom die volgende Pampoen te kom help skryf.

21:00 Vallei van Sluiers (KykNET): Harm en die hoogswanger en omgesukkelde Charmaine kan net nie uit mekaar se hare bly nie. Willem tel ernstige probleme op. Hugo is soos gewoonlik op die verkeerde tyd op die verkeerde plek. ’n Groot skok tref die Vallei.

22:30 Game Of Thrones (M-Net): Jon Snow en die nagwag kom te staan voor die gevaarlikste uitdaging wat hulle al ooit teëgekom het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>