Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Hoendersop met spaghetti

$
0
0

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, in kwarte gesny
2 knoffelhuisies, fyn gekap
3 cm vars gemmer, geskil en gerasper
1 suurlemoengras, fyn gekap
1 brandrissie, fyn gekap
125 ml (½ k) koljanderblare, grof gekap
4 ontbeende hoenderborsies, in stukkies gesny
200 ml gekoopte botterhoendersous
2 blikke (400 g elk) klappermelk
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
sout en vars gemaalde swartpeper
1 rooi soetrissie, in repe gesny
500 ml (2 k) gaar spaghetti
ekstra koljanderblare vir garnering

  1. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel, gemmer, suurlemoengras, brandrissie en koljanderblare ’n minuut tot geurig.
  2. Sit die hoenderstukkies saam met die uimengsel in die kastrol en roer tot net gaar.
  3. Sit die res van die bestanddele behalwe die rooi soetrissie, spaghetti en ekstra koljanderblare in die kastrol en bring tot kookpunt.
  4. Verlaag die hitte en laat prut sowat 3 minute tot geurig. Sit die soetrissie by en geur na smaak.
  5. Deel die spaghetti tussen sopbakkies en skep die hoendersop oor die spaghetti. Garneer met koljanderblare en sit voor terwyl die sop lekker warm is.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>