Ons voel almal soms uitgeput en niks lus vir die lewe se dinge nie. Hier is ’n paar wenke om weer breed te glimlag en die dag aan te gryp
- Stap met groter treë en glimlag om meer selfversekerd te lyk.
- Stap skool toe saam met ’n pel in plaas van op jou eie.
- Haal diep asem – dit klink dalk vanselfsprekend maar dit sal jou help om te kalmeer.
- Onthou mense hou van mense wat nie perfek is nie – dit laat hulle meer toeganklik voorkom.
- Moet nooit weghardloop nie, want dit maak dit soveel moeiliker om terug te keer!