Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15-20 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 15-20 min.
FRIKKADELLE
250 g beesmaalvleis
250 ml (1 k) bruinlensies, gekook, of 1 x 410 g-blik, gedreineer
1 ui, gerasper
2 wortels, geskil en gerasper
2 snye bruinbrood, korsies afgesny en in melk geweek
1 eier
sout en vars gemaalde peper
125 ml (½ k) meel
PESTO-SPAGHETTI
500 g spaghetti
15 g pietersielie
15 g roketblare
60 ml (¼ k) sonneblomsaad, gerooster
45-60 ml (3-4 e) suurlemoensap
125 ml (½ k) olyfolie
ekstra olyfolie
- Frikkadelle Meng al die bestanddele vir die frikkadelle behalwe die meel en geur met die sout en peper. Verkoel minstens 15 min. Rol frikkadelle en verkoel nog 15 min.
- Pesto-spaghetti Kook die spaghetti tot al dente, dreineer en hou eenkant. Pols die res van die bestanddele (buiten die ekstra olyfolie) saam in ’n voedselverwerker fyn. Meng die helfte van die pesto deur die spaghetti saam met nog ’n goeie skeut olyfolie.
- Rol die frikkadelle in die meel en braai in verhitte olie tot gaar.
- Skep die spaghetti in ’n opdienbak, versprei die frikkadelle bo-op en drup die orige pesto oor. Sit voor saam met parmesaankaas en baba-tamaties.
Bak die frikkadelle 15-20 min. by 200 °C in die oond vir ’n gesonder opsie.