LEWER 1 TERT VAN 24 CM
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: 1 uur
500 g Cremorapoeier
250 ml (1 k) yswater
2 blikke (285 g elk) kondensmelk
250 ml (1 k) suurlemoensap
1 pak (200 g) Tennis-beskuitjies
fyngemaakte aarbei vir afronding
- Skep die Cremora in ’n mengbak en voeg die yswater by.
- Klits goed en voeg die kondensmelk by. Hou aan klits tot die mengsel glad is.
- Voeg die suurlemoensap bietjie vir bietjie by tot al die suurlemoensap bygemeng is en die mengsel verdik het.
- Voer die basis van ’n tertbak van 24 cm met die beskuitjies uit. Hou ’n paar beskuitjies eenkant. Skep die vulsel oor die beskuitjies.
- Druk die ekstra beskuitjies fyn en strooi dit bo-oor die vulsel. Skep ’n paar lepels fyngemaakte aarbeie bo-op.
- Plaas minstens 1 uur in die yskas en sit voor
WENK
Maak soos ons en brand die tert liggies met ’n kombuis-blaasvlamom dit feestelik te laat lyk.