Die hele wêreld kan nou toegang kry tot die professor Tim Noakes se kennis en wenke.
Die webtuiste Original Eating is pas bekendgestel en bied ’n magdom kennis oor die dieet wat deur die sportwetenskaplike aanbeveel word.
Al wat leef en beef praat oor die dieet wat hoë vet en geen koolhidrate bevorder wat voortaan as Original Eating sal bekendstaan.
Die webtuiste Original Eating se tuisblad gee jou die geleentheid om uit te werk hoeveel koolhidrate vir jou lengte en gewig aanbeveel word, dit kan ’n gratis eetplan vir jou uitgewerk en jy kan na wetenskaplike verduidelikings deur Tim op video-insetsels luister.
Die dieetkundige Rael Koping, uitvoerende hoof van Original Eating, sê een van die hoofdoelwitte van die webtuiste is om ’n oplossing teen die Metaboliese Sindroom (Metabolic Syndrome) te kry. Dit sluit ’n versameling toestande in soos hoë bloeddruk, veranderinge in die bloed se lipiedvlakke en vetsug wat alles aanleiding gee tot diabetes.
Saam met die bekendstelling van die webtuiste is daar ook nuwe vennote van Original Eating aangekondig, onder meer Primi Piatti, Kauai en die Food Fitness Factory wat voortaan maaltye sal aanbied met min koolhidrate.
- Marelize Potgieter