Nou kan jy selfs meer van die sepie Binnelanders kry. Van more kan kykers eksklusiewe inhoud, ekstra storielyne en unieke video’s kry – alles met die druk van ’n knoppie!
Dié sepie, wat met die Huisgenoot Tempo-prys vir die sepie van die jaar bekroon is, stel ’n aanlyn platform, Binnelanders Ekstra, bekend wat kykers in staat stel om ekslusiewe inhoud te lees.
Die ekstra stories sluit aan by die inhoud van die reeks en word vertel in die vorm van karakters se teksboodskappe aan mekaar. Daar is ook eksklusiewe foto’s en video’s uit die storie-wêreld beskikbaar, asook ’n toegewyde kletskamer waar gebruikers hul mening kan lug oor die wel en weë van die kliniek.
Volgens ’n verteenwoordiger van die reeks, Ernst Swart, is hierdie nuwe vorm van uitgebreide storievertelling ’n eerste vir ’n Afrikaanse reeks.
Besoek binnelandersekstra.co.za
- Joshua Carstens