Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Reuse samoesas met varkvleis

$
0
0

Genoeg vir 4 mense (lewer 4-6 groot samoesas)
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 35-40 min.

15 ml (1 e) botter
2 rooi-uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
500 g varkmaalvleis
1 Granny Smith-appel, geskil en gerasper
2 wortels, gerasper
15 ml (1 e) vars vinkel, gekap
sout en peper
250 g filodeeg
45 ml (3 e) botter, gesmelt
5 ml (1 t) papawersade (opsioneel)
DOOPSOUS
125 ml (½ k) mayonnaise
tabascosous na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Verhit die botter en braai die uie stadig tot gekaramelliseer. Voeg die knoffel en maalvleis by en braai tot gaar.
  2. Voeg die appel, wortels en vinkel by en roerbraai effens. Geur met die sout en peper. Laat die mengsel effens afkoel.
  3. Neem ’n vel filodeeg, verf die kante rofweg met die botter, vou in die helfte en druk vas. Verf die rande van die deeg weer liggies met die botter. Vou een van die onderste punte van die deeg in en plak vas aan een van die sykante van die deeg sodat ’n driehoek aan die onderkant vorm. Stop die opening wat so vorm goed met die vulsel. Vou die vleispakkie oor na die teenoorgestelde kant. Herhaal tot bo en tot ’n driehoek gevorm word. Verf die hele samoesa liggies met die botter. Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
  4. Pak die samoesas op ’n bakplaat en sprinkel die papawersaad oor. Bak 15-20 min. of tot goudbruin.
  5. Doopsous Meng die mayonnaise en die tobascosous.
  6. Sit die samoesas voor saam met die doopsous en ’n groenslaai.

WENK
As jy nie lus het vir al die werk nie, maak ’n pastei: Stapel die filodeegvelle opmekaar, skep die vulsel op en frommel die filo effens om die vulsel. Bak tot die deeg gaar is. 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>