Die pianis Rocco de Villiers het op ’n plaas grootgeword. Hy wou ’n tipiese ou skuurdans uitbeeld in die musiekvideo vir sy nuwe treffer, Jim Muller Keurspel, op sy nuwe album, Countrykeys.
Daar is gedans dat die stof so staan toe die video onlangs verfilm is op die plaas Rosemary Hill naby Pretoria.
“Dit het my ook terugvoer na my kinderdae dae toe my pa, Gerhardus Johannes Beukes, musiek gemaak het op sy banjo op troues en partytjies, ook in ’n skuur soos dié.”
Die video is geïnspireer deur die toneel in die fliek Titanic waarin Kate Winslet en Leonardo DiCaprio se karakters saam met die werkersklas in die boeg dans. Die aktrise Lizz Meiring tree ook daarin op.
Die video is gister uitgereik. Kyk hier hoe jolig dit is:
- Suzanne Venter