Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Drank veroorsaak elke 10 sekondes ’n sterfte

$
0
0

Alkohol veroorsaak elke jaar 3,3 miljoen sterftes wêreldwyd, meer as vigs, tuberkulose (TB) en geweld saam, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Maandag gesê. Hulle waarsku drankgebruik neem toe.

Dronkbestuur, geweld en mishandeling en ’n aantal siektes en steurings is van die gevolge van alkoholgebruik wat jaarliks wêreldwyd een uit elke 20 sterftes veroorsaak, sê die Verenigde Nasies (VN) se gesondheidsagentskap.

“Dit beteken daar is elke 10 sekondes ’n sterfte,” het Shekhar Saxena, die hoof van die WGO se departement geestesgesondheid en dwelmafhanklikheid, aan joernaliste in Genève gesê.

Volgens die WGO het drank in 2012 sowat 3,3 miljoen sterftes veroorsaak, wat gelyk is aan sowat 5,9 persent van sterftes wêreldwyd (7,6 persent vir mans en 4 persent vir vroue).

In ’n studie is bevind dat MIV/vigs verantwoordelik is vir 2,8 persent van sterftes wêreldwyd, TB 1,7 persent en geweld net 0,9 persent.

Die bevindinge toon ook dat mense in lande waar alkoholinname oor die algemeen laag is, soos China en Indië, ál meer alkohol inneem namate hul rykdom toeneem.

‘Daar moet stappe gedoen word om bevolkings te beskerm.’

“Daar moet stappe gedoen word om bevolkings te beskerm teen die nadele wat drankgebruik vir mense se gesondheid inhou,” het Oleg Tsjestnof van die WGO se eenheid vir nieoordraagbare siektes en geestesgesondheid in ’n verklaring gesê. ’n Reuse verslag oor wêreldwye drankgebruik en die uitwerking daarvan op openbare gesondheid is daarmee bekendgemaak.

Drankgebruik hou verband met meer as 200 gesondheidsprobleme, onder meer lewersirrose en sekere kankers. Drankmisbruik maak mense ook vatbaarder vir aansteeklike siektes soos TB, MIV en longontsteking, is in die verslag bevind.

Sowat ’n derde van drankverwante sterftes word veroorsaak deur kardiovaskulêre siektes en diabetes.

Drankverwante ongelukke, soos motorongelukke, was die tweede grootste oorsaak; dit het sowat 17,1 persent van alle drankverwante sterftes veroorsaak.

Fuifdrinkery (wanneer mense hul by geleentheid aan drank vergryp) is veral nadelig, sê die WGO. Hulle skat 16 persent van alle drinkers misbruik drank.

Terwyl mense in die rykste lande ter wêreld, veral in Europa en Noord- en Suid-Amerika, meer drink as mense in armer lande, lei toenemende rykdom in ontluikende ekonomieë tot ’n toename in drankgebruik.

Die WGO het ook gesê drankgebruik in die digbevolkte China en Indië neem veral toe omdat mense meer verdien. Hulle waarsku dat die gemiddelde jaarlikse inname teen 2025 heel waarskynlik tot 1,5 L suiwer alkohol per persoon gaan toeneem.

‘Die wêreld se strafste drinkers bly die Oos-Europeërs.’

Maar die wêreld se strafste drinkers bly die Oos-Europeërs en Russe.

En Suid-Afrika?

Russiese mans wat drink, neem jaarliks gemiddeld 32 L suiwer alkohol in, volgens ’n opname van 2010, gevolg deur Westerse lande soos Kanada, die Verenigde State, Australië, Suid-Afrika en lande in Europa.

Volgens die verslag kom die gemiddelde, jaarlikse wêreldwye gebruik per persoon bo 15 neer op 6,2 L suiwer alkohol.
Wanneer net drinkers in berekening gebring word, neem dit toe tot 17 L per jaar.

Tog is daar baie mense wat nie drink nie; byna die helfte van volwassenes wêreldwyd het nog nooit drank ingeneem nie, en amper twee derdes sê hulle het in die afgelope jaar nie gedrink nie, het die verslag getoon.

Onthouding, veral by vroue, kom die algemeenste voor in lande met ’n lae inkomste, terwyl geloofsoortuigings en maatskaplike norme Moslem-lande so te sê alkoholvry maak.

- Nina Larson/Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>