250 g knopiesampioene
olie
8 hoenderboutjies en -dytjies
sonder vel
sout en swartpeper
500 ml (2 k) Griekse jogurt
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) masala of geroosterde kerriepoeier
250 g skulpnoedels
45 ml (3 e) gekapte koljanderblare poppadoms vir voorsit
- Braai die sampioene in olie tot bruin. Skep uit.
- Geur die hoender met die sout en swartpeper en braai effens.
- Meng die jogurt, hoenderaftreksel en masala of kerriepoeier en voeg by.
- Bring tot kookpunt en laat prut tot die hoender byna sag is.
- Voeg die noedels by en laat prut tot sag. Sprinkel die koljanderblare oor.
- Laat pof die poppadoms in die oond uit en sit dit saam met die potjie voor.