Lewer 1 middelslag-poeding
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 1 uur
200 g ontpitte dadels
100 g gemengde neute
2 appels, gerasper
30 ml (2 e) gouestroop
60 ml (¼ k) brandewyn
100 g botter, in blokkies gesny
2 eiers
125 ml (½ k) strooisuiker
250 ml (1 k) bruismeel
5 ml (1 t) koeksoda
SOUS
250 ml (1 k) strooisuiker
30 g gemengde neute, grof gekap
100 g botter
30 ml (2 e) brandewyn
125 ml (½ k) room
- Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n poedingvorm met bakpapier uit.
- Plaas die dadel, neute, appel, stroop en brandewyn in ’n voedselverwerker en blits tot gekap.
- Voeg dit botter, eiers en suiker by en polis ’n paar keer. Keer die meel en koeksoda in en blits tot alles bymekaarkom.
- Keer die beslag in die poedingkom uit. Verplaas na ’n bain-marie (’n roosterpan half vol kookwater) en bak ’n uur of tot ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word.
- Sous: In ’n braaipan oor matige hitte, smelt die suiker tot dit borrel. Voeg die neute by en verhit terwyl jy 3 minute roer of tot goed bedek. Skep die neute met ’n gaatjieslepel op ’n vel bakpapier uit en laat afkoel. Sit die pan op die hitte terug, voeg die botter by en draai dit rond tot dit gesmelt het. Giet die brandewyn en room in en laat 3 minute prut.
- Keer die poeding uit en skep die sous oor. Bedek met die neute.