Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Reeva ‘het moontlik hand na deur uitgesteek’

$
0
0

Reeva Steenkamp het moontlik haar hand na die toiletdeur se handvatsel uitgesteek toe haar kêrel, Oscar Pistorius, haar skiet, het die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag gehoor.

Die forensiese kenner Roger Dixon het gesê hy het tot die gevolgtrekking gekom uit die splinters wat Reeva se regterarm en middellyf deurboor het.

Oscar, wat van die moord op Reeva aangekla is, het met sy kop in sy hande gesit en sy ore met sy toegedruk.

Toe hy later sy kop oplig, het sy gesig rooi gelyk.

Roger het ook ’n foto ontleed van Reeva se rug, wat wonde en skaafplekke op gehad het.

Hy het gesê die foto is geneem nadat Reeva ná die nadoodse ondersoek gewas is.

“My vertolking was dat… die oorledene teen ’n klein, stomp voorwerp geval het,” het Roger gesê.

“Die merke stem ooreen met val op die tydskrifrak.”

Die tydskrifrak van bruin hout wat in Oscar se badkamer was die oggend waarop hy Reeva geskiet het, is by die hof ingebring.

Oscar het Reeva deur die geslote toiletdeur van sy huis in Pretoria geskiet. Hy sê hy het haar vir ’n inbreker aangesien.

Oscar het getuig hy het die deur met ’n krieketkolf oopgebreek nadat hy besef het dit is dalk Reeva agter die deur.

Die staat voer aan die moord was vooraf beplan.

Ter afsluiting van sy kruisondervraging vroeër op Dinsdag het die aanklaer Gerrie Nel gesê Reeva het ná ’n rusie met Oscar na die badkamer gehardloop.

Gerrie het gesê Oscar het homself bewapen met die uitsluitlike doel om te skiet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!