Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 10 min.
30 g botter
15 ml (1 e) olie
200 g stokvisfilette
250 ml (1 k) room
60 ml (¼ k) witwyn
60 ml (¼ k) soetbrandrissiesous
sout en peper
400 g spaghetti, gekook
basilie vir garnering
- Verhit die botter en olie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die vis 3 minute of tot goudkleurig weerskante. Haal uit die pan en sit eenkant.
- Vee die pan uit en giet die room, wyn en soetbrandrissiesous in. Laat prut 3 minute oor lae hitte of tot effens verminder.
- Vlok die vis en voeg by die roommengsel. Geur met die sout en peper en roer die gaar pasta in. Garneer met die basilie en sit voor.