Span ’n pak of wat klaargesnyde koolmengsel saam met terijakisous en soet brandrissiesous in om vinnig dié lekker handkos te maak.
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
VULSEL
4 hoenderfilette, in repies gesny
sout
olie
5 ml (1 t) sojasous
15 ml (1 e) terijakisous
300 g groen en rooi kopkoolmengsel
45 ml (3 e) soet brandrissiesous
kojanderblare, gekap
geroosterde sesamsade
4-6 tortillas
- Geur die hoender met die sout.
- Verhit ’n bietjie olie en roerbraai die hoender effens.
- Giet die soja- en terijakisous oor en roerbraai tot byna sag.
- Voeg die koolmengsel by en roerbraai tot net sag maar nog baie bros.
- Voeg die brandrissiesous by en meng deur.
- Sprinkel die koljanderblare en sesamsade oor.
- Verhit die tortillas in ’n warm pan tot sag.
- Skep van die vulsel op elke tortilla en rol op.