Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Aartappel-frittata

$
0
0

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15 min.

5 groot aartappels, in dun skywe gesny
1 rooi-ui, gekap
5 knoffelhuisies, fyn gekap
½ elk rooi, geel en groen soetrissie, gekap
6 eiers
60 ml (¼ k) melk
blare van 3 roosmaryntakkies
sout en peper
80 ml (⅓ k) gerasperde cheddarkaas
babatamaties, gehalveer

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Kook die aartappelskywe 5 minute in ’n klein pot oor matige hitte. Dreineer en sit eenkant.
  2. Smeer ’n kleefvrye, oondvaste pan (20 cm). Rangskik ’n laag aartappelskywe in die pan om die bodem te bedek en strooi die helfte van die gekapte ui, knoffel en soetrissies oor. Vervolg met nog ’n laag aartappel, die oorblywende ui, knoffel en soetrissies en ’n laaste laag aartappel.
  3. Klits die eiers, melk, roosmaryn, sout en peper saam. Giet die mengsel oor die groente in die pan en kook 3 minute oor lae hitte terwyl jy ’n spatel om die rand terwyl dit set sodat die rou eier onder invloei.
  4. Strooi die kaas bo-oor en plaas die pan 8 minute in die oond of tot die eier in die middel gaar is.
  5. Sit voor saam met gehalveerde babatamaties.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>