Speel jy graag met jou kos? Dan is dit net die ding vir jou. Pizza Hut het ’n raakskermtafel bekend gestel waarmee jy die grootte, basis en bolaag van jou pizza sommer van jou tafel af kan kies. Die toestel in die tafel werk met jou iPhone, wat beteken jou foon konnekteer daarmee, en sal jou as ’n vorige klant herken met jou gunsteling-bolaag en voorkeur-betaalmetode.
Daar is nog nie planne om dit in versprei nie, maar die promosievideo is baie koel.
Kyk dié video om te sien hoe dit werk: