Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Ultimate Braai Master – Meat Me at the Finals

$
0
0

Stacey en Christopher Woensdregt is die wenners van ’n gelukstrekking van Huisgenoot, YOU en DRUM. In dié trekking word een span per streek gekies om ’n oudisie af te lê vir die derde seisoen van die werklikheidskookkompetisie The Ultimate Braai Master (UBM), al het inskrywings al gesluit. Die paartjie, wat hul span Meat Me at the Finals gedoop het, het op Saterdag 8 Maart aan die oudisies in Johannesburg deelgeneem.

“Al het ons nie tot die volgende ronde deurgedring nie, was dit steeds een van die beste ervarings in ons lewe; dis iets om van ons wenslysie te merk,” sê hulle. “Dit was ’n groot eer om (die sjef) Justin Bonello te kon ontmoet; hy is een van ons helde. Ons het vol energie, moed en opwinding daar opgedaag. Ons het ’n gereg met Oosterse invloede berei, want ons was vasbeslote om uit te staan en ons dink ons het wel.

“Die borge was wonderlik, want hulle het ons Coca-Cola, boereworsrolletjies en water gegee. Dit was ook lekker om deur die kameraspan afgeneem te word en ek dink ons het baie goed geaard voor die kameras. Ons wens die res van die spanne alle voorspoed toe en ons weet die program gaan baie suksesvol wees. Dit is nie die laaste sien van ons nie; ons gaan die res van ons kookreis met oorgawe en ywer aanpak. Dankie, almal, dat ons so ’n heerlike dag kon geniet.”

Die kompetisie

Lesers van Huisgenoot, YOU en DRUM wat in die Kaapstad- en Durban-omgewing woon, kan steeds meeding vir ’n plek in die derde seisoen van die werklikheidskookkompetisie The Ultimate Braai Master (UBM), al het inskrywings al gesluit. Ander UBM-hoopvolles moet ’n aanlyn keuringsproses deurgaan, maar hier gee ons ’n goue kaartjie weg om by een van die twee oudisies te probeer naam maak.

As Justin Bonello en die ander beoordelaars jou kies, maak reg  vir ’n braai-avontuur van 60 dae: ’n reis van 9 000 km saam met Suid-Afrika se bosbraaikoning, Justin Bonello!

Die wenspan stap weg met R500 000 kontant, ’n splinternuwe Renault Duster ter waarde van R260 000 en die 2014-UBM-kroon!

Skryf so in

Stuur ’n e-pos na jaco.coetzee@media24.com tesame met jou span se naam, jou naam, jou spanmaat se naam, die streek (Kaapstad of Durban) en ’n motivering (nie meer as 50 woorde nie) oor hoekom jy en jou spanmaat goed genoeg is om na die volgende ronde deur te dring. Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Besoek ultimatebraaimaster.com vir bepalings, voorwaardes en nog besonderhede.

Die volgende oudisiedatums

Durban: 22 Maart by die Growthpoint Kings Park-stadion.

Kaapstad: 29 Maart by The Lookout Venue, Grangerbaai, die V&A-Waterfront.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>