Dr. Denise Björkman, ’n plaaslike lyftaalkenner, ontleed al langer as 30 jaar groot terrorisme- en misdaadsake en die massamedia het haar al gebruik om verkiesings en kandidate in Brittanje en Amerika te ontleed. Sy kyk na die lyftaal van Reeva Steenkamp se ma, June, en Oscar Pistorius se oom, Arnold.
June, Reeva se ma
Reeva se ma, June Steenkamp, dra blykbaar opsetlik ’n swart pak (in teenstelling met haar gewone klerestyl) – dit is dalk haar manier om aan die media te toon hoe groot hul verlies en droefheid nog is. Die kleur van die pak dui op die formaliteit en waardigheid van die geleentheid, maar dit kan ook ’n boodskap aan Oscar wees. Sy, tesame met die res van die gehoor, is stil maar luister aandagtig.

Oscar se broer en oom, Carl en Arnold Pistorius. (Foto: SAPA / Antoine de Ras / Independent Newspapers)
Arnold Pistorius, Oscar se oom
Arnold Pistorius is Oscar se oom, beskermer en befondser. Dit is opvallend dat sy pa nie baie betrokke is nie. Hoekom is Arnold meer van ’n beskermer as die pa? Is dit dalk omdat Oscar hom meer met sy ryk familie vereenselwig (of nader aan hulle as sy eie pa is)? Die pa blyk grootliks afwesig te wees.